Luxemburg (stad)

Luxemburg
Lëtzebuerg • Luxembourg

Kaart Wapen
Vlag
 Land Luxemburg
 Distrik / kanton Luxemburg
 Koördinate 49°36′N 6°8′O / 49.600°N 6.133°O / 49.600; 6.133
 Stigting 963
 Stadstatus 1244
 Oppervlakte:  
 - Totaal 51,73 vk km
 Hoogte bo seevlak 232-408 m
 Bevolking:  
 - Totaal (1 Januarie 2013) 103 641[1]
 - Bevolkingsdigtheid 2 003,5/vk km
 - Metropolitaanse gebied 142 300
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2
 Burgemeester Paul Helminger (DP)
 Amptelike webwerf Luxembourg

Luxemburg (Luxemburgs: Lëtzebuerg, Frans: Luxembourg, Duits: Luxemburg; in die plaaslike omgangstaal dikwels kortweg d'Stad genoem) is een van die 112 Luxemburgse munisipaliteite (gemengen), een van die 12 Luxemburgse stede (stied) en die hoofstad van die gelyknamige Groothertogdom met 'n oppervlakte van 51,73 km² en 'n bevolking van 103 641 (soos op 1 Januarie 2013).

Vandag is Luxemburg die enigste stad in die munisipaliteit. Aan die begin van die jaar 1900 is die voormalige dorpe Eech, Hollerech en Dummeldeng by die stad Luxemburg ingelyf.

Luxemburg is die setel van 'n universiteit, Radio Tele Luxembourg en verskeie instellings van die Europese Unie, insluitende die Europese Geregshof en die Europese Beleggingsbank. Die stad is ook 'n internasionale finansiële sentrum. 'n Aantal bekende banke het takke in die stadswyk Kirchberg. Luxemburg dien as 'n belastinghawe vir Europese burgers.

  1. Le portail des statistiques - Grand-Duché de Luxembourg

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search